![]() |
|
Meer omtrent ons |
|||||||||||
|
Kleine Vallei gasteplaas se akkommodasie bestaan uit 'n pragtige en netjiese plaashuis wat as 'n familiesaak bedryf word. Dit het alles begin toe ons familie en vriende in hul "eie huis" wou akkommodeer aangesien ons nie genoegsame spasie in ons eie huis gehad het nie. Ons het besluit dat Kleine Vallei die ideale plek sal wees om mense van al oor die węreld die regte plaaslewe op sy beste te laat beleef. Hier produseer ons rooibostee, lemoene, aartappels, wyndruiwe, skape en boerbokke.
Ons het onlangs begin om organiese rooibostee te produseer, en ons uiteindelike doel is om 'n organiese omgewing vir die hele boerdery te skep. Meeste dele van die eenheid is geisoleer, en die omgewing maak dit die ideale plek om 'n organiese boerdery te bedryf. Meeste van ons besoekers is geinteresseerd in hierdie manier van boer en stel baie belang om meer oor die hele proses te leer - van die saailing tot die koppie tee wat ons geniet.
|
Die Marais familie. Van links Jannes, Carina, Buks en Carmari.
|
|||||||||||
| Telefoon: +27 022-921-3079 | EPos: info@kleinvleifarm.co.za | |||||||||||