View this page in English


Gaan na die tuisblad
Leer meer omtrent ons
Kontak ons
Ander plekke van belang
Aktiwiteite
Koppelings na verwante tuistes
Tariewe
Opmerkings deur vorige besoekers
 

 

 

Akkommodasie

 

Jou akkommodasie is in 'n groot plaashuis wat bestaan uit 'n leef- en eetkamer, kombuis, waskamer, vier slaapkamers en twee badkamers.

Met aankoms vind jy 'n gratis bottel Cederberg Aqua water, tuisgebakte beskuit vir daardie eerste koppie koffie, asook 'n bos varsgeplukte blomme met komplimente van u gashere, Buks en Carina.

Om 'n gedetaileerde beskrywing van elke eenheid in die huis te besigtig, klik op een van die onderstaande koppelings, of rol met die blad af.
Kombuis Eet- en leefkamer  
Hoof-slaapkamer Tweede slaapkamer Derde slaapkamer Vierde slaapkamer
Badkamers Tuin/Braai-area  


Kombuis

Kombuis:

Hier kry jy al die gemak van 'n tuiste met die gevoel van 'n regte plaas.

 

Die spasieuse plaaskombuis bied jou 'n volledige stel breekware en eetgerei (12 stelle), asook 'n stoof, yskas en mikrogolfoond.

 

Die aparte waskamer reg langsaan het strykgeriewe en groot wasbakke vir diegene wat kledingstukke per hand wil was. Daar is 'n wasdiens gedurende die week teen ekstra koste, maar nie gedurende naweke of publieke vakansiedae nie.

 

Kleine Vallei se akkommodasie is heeltemaal selfbedienend, alhowel ontbyt-, braai-, (nie gaar nie), asook piekniekmandjies (ten volle voorberei) beskikbaar is op versoek. Dit sal waardeer word as navraag hieroor gedoen word ten tye van bespreking.

 

Ons is vęr vanaf die naaste dorp of winkels en jy sal dus genoeg van jou eie voedsel en drank moet saambring.

Top van blad


Eet- en leefkamerEet- en leefkamer:

Vanaf die kombuis stap jy in die sit- en eetkamer wat toegerus is met dakwaaiers en 'n oop vuurherd.

 

Die eettafel skep die ideale plek om gaste in styl te kan ontvang.

 

Deure in die leefkamer maak oop na die voortuin. Hiervandaan kan jy rustig op die rusbank agteroor lę of televisie kyk (SABC 1, 2, 3 en E-Tv).

 

Die sentrale punt van die leefkamer is die vuurherd wat die individuele styl van die huis reflekteer. Gloeiende kole op 'n koue aand laat jou tuis voel soos min - dit bring onmiddelike warmte en karakter tot die leefkamer. Alle hout word deur ons voorsien.

Top van blad


Hoof-slaapkamer ("Vlinder slaapkamer")

Hoof-slaapkamer (Vlinder):

Die hoof-slaapkamer het 'n dubbelbed, dakwaaier en en-suite badkamer. Wat 'n wonderlike manier om die dag te begin - oggend-sonstale en die roep van 'n pou om aan te dui dat die dag begin het!.En-suite badkamer vir die hoof-slaapkamer

 

 Die dubbelbed met vars wit of roomkleur linne met pienk vlinder en ander versierings skep 'n vars gevoel vir die hele kamer.

 

Kussings en 'n vloermat rond die kamer af. 'n Armstoel was bygevoeg, maar om dit met die res van die kamer te laat inpas is 'n 'n los pienk oortreksel oorgegooi.

 

Die en-suite badkamer is ten volle toegerus met 'n bad, stort en toilet. Hier vind jy bad- en handdoeke, bad-, stort- en toiletmatte, tuisgemaakte seep vloeibare handseep, toiletpapier, toiletsprei en haardroeër.

Top van blad


Tweede slaapkamer ("Naaldekoker slaapkamer")Tweede slaapkamer (Naaldekoker):

Verder af in die gang vind jy die "Naaldekoker" slaapkamer wat 'n stempel van sy eie maak. 'n Prentjie van eenvoud - hierdie slaapkamer is sonder enige warboel met slegs 'n paar meubelstukke wat 'n dakwaaier en 'n pragtige rusbank insluit. Dit skep 'n weelderige gevoel, reg vir 'n koning! Die vensters bied 'n skilderagtige uitsig op die tuin.

 

Die kamer bevat twee enkelbeddens, elk ten volle toegerus en gestyl met sagte wit of ligpers beddegoed. Tuisgemaakte seep, bad- en handdoeke word vir elke persoon voorsien. Tussen die twee beddens is 'n treffende naglamp vir addisionele versiering.

 

Top van blad


Derde slaapkamer ("Afrika slaapkamer")

Derde slaapkamer (Afrika):

'n Kombinasie van koffie, sjokolade en room word hier vermeng.

 

Hierdie kamer met sy dekoratiewe lig en buitedeur wat na die agtertuin lei bied jou 'n besondere blik op die nagruim. "Daar is iets wonderlik romanties om naby die sterre te slaap...". 'n Dubbelbed, kas en klerekas vul die kamer.

 

Vanaf jou bed het jy 'n sig van die private en rustige agtertuin waar verskeie sitrusbome groei. In seisoen kan jy amper vrugte pluk sonder om die kamer te verlaat!

 

Tuisgemaakte seep, bad- en handdoeke word voorsien vir elke persoon.

Top van blad


Vierde slaapkamer ("Kinder-slaapkamer")

Vierde slaapkamer (Kinder):

Een kamer was opsy gehou spesifiek om vir groeiende kinders te voorsien, alhoewel volwassenes ook hier sal kan nesskop. Dit het twee enkelbeddens, babawieg en 'n dakwaaier.

 

'n Speelgoedkis en leesboeke sal die kleingoed vir 'n wyle besig hou. Die dakwaaier help altyd met die somerhitte.

 

Vanuit hierdie kamer het jy 'n aansig op die voortuin wat omring is met indrukwekkende bome in volle blomkleur.

 

Soos met al die ander slaapkamers word elke persoon voorsien van tuisgemaakte seep en bad- en handdoeke.

Top van blad


"Pers- en taling" badkamer

En-suite badkamer vir die hoof-slaapkamerBadkamers:

Die "pers en taling" badkamer word deur almal in die huis gedeel, behalwe natuurlik vir die in die hoof-slaapkamer wat sy eie en-suite badkamer het. Ou en nuwe elemente word in hierdie enorme badkamer met manjifieke groot bad en stort kombineer. Naby is 'n aparte wasbak.

 

Hier kan jy ontspan en oorwerkte senuwees herstel met 'n paar gesteelde oomblikke na 'n lang dag.

 

Langsaan die badkamer is 'n aparte toilet.

Top van blad


Tuin

Tuin en braai-area:

Die afgelope paar jaar het die tuin so ontwikkel dat daar vandag aan die buitekant 'n area is waar jy in gemak kan sit en ontspan, deels om 'n bietjie afgesonderheid te beleef en ook om van die somerson te ontsnap. Of om by te onthaal en in kerslig om die vuur te eet.

 

'n Lemoenboord begin digby die huis, wat jou tot by 'n afgekampte area lei waar springbokke, en ook somtyds duiker te sien is.

 

Agter die huis is 'n klein en private tuin moet 'n afgedakte stoep en braai. Ons verskaf al die hout, roosters en vuuraanstekers.

Top van blad


 

  Telefoon: +27 022-921-3079   EPos: info@kleinvleifarm.co.za