![]() |
|
Kontak ons |
|||||||||||
|
Ons is hoog in die berge geleë en ondervind dus soms probleme met ons internet-konneksie. Daar is ook geen selfoon-ontvangs nie. Die maklikste manier om ons te kontak is per telefoon (+27 022-921-3079) of faks (+27 022-921-3079). Vinnige kopplings na items op hierdie blad: Vlugte, Kar-huur, Waar ons geleë is, Kaart
+27 022-921-3079
Faks: +27 022-921-3079
Pos: Kleine Vallei Gasteplaas Posbus 134 Citrusdal, 7340 Wes-kaap Suid Afrika
Die naaste lughawe is Kaapstad Internasionaal. Hiervandaan is dit 'n rit van ongeveer twee uur per motor tot by Citrusdal. Om jou by te staan met die reël van vlugte, klik asseblief op een van die onderstaande koppelings:
Karre kan by een van die volgende firmas gehuur word. Klik asseblief op een van die onderstaande koppelings om daardie firma se webtuiste oop te maak, waar jy informasie aangaande voertuig beskikbaarheid en tariewe kan bekom, asook aanlyn besprekings kan maak. Imperial Car Rental - Europcar
Vanaf Kaapstad: § Volg die N7 vanaf Kaapstad na Citrusdal. § Naby die kruin van die Piekenierskloof pas is die “Kardoesie” plaasstal op regterkant. § Draai links kort na die plaasstal in die rigting van “Paleisheuwel”. § Volg hierdie pad vir 10 km (8 km teer en 'n verdere 2 km grond). § Draai regs by die “Clanwilliam” padaanwysing. Volg vir 'n addisionele 10 km. § Draai links by die “Kleine Vallei Guest Farm” bord. § Volg hierdie pad vir 'n verdere 7 km tot by die Kleine Vallei gastehuis.
Vanaf Clanwilliam: § Volg die N7 vanaf Clanwilliam na Citrusdal vir ongeveer 30 km. § Gaan verby die plaas “Arbeidsgenot” en “Gekko Backpackers” aan die regterkant. § Kort hierna, net voor die brug is 'n grondpad na regs. Daar is ook 'n groot bord wat lees “Stargrow Nursery / Kwekery”. Draai hier af. § Volg die pad vir 8 km tot by 'n T-aansluiting en draai links na Citrusdal (teerpad stop hier en verander na grond). § Na 'n verdere 8 km, draai regs by die “Kleine Vallei Guest Farm” bord. § Volg hierdie pad vir 'n verdere 7 km tot by die Kleine Vallei gastehuis.
|
||||||||||||
| Telefoon: +27 022-921-3079 | EPos: info@kleinvleifarm.co.za | |||||||||||