 |
Soos jy deur
die onaangeraakte Kaapse fynbos op 'n stowwerige grondpad bestuur kry jy
die reuk van die grond en veldblomme. In die rigting van Kleine Vallei
vloei koel, vars lug deur die vensters van jou kar en eweskielik bevind
jy jouself in 'n vallei omring deur majestieuse berge met indrukwekkende
rotsformasies. Jy kry die gevoel dat jy vêr, vêr weg van die besige
stadslewe is en 'n onbeskryflike gevoel van rustigheid vloei deur jou
hele liggaam. Regdeur jou besoek
aan die plaas word jy bederf deur 'n groot aantal verrassings. Met
maklike koppelings deur ons webtuiste kan jy Kleine Vallei op sy beste
ondervind en sien wat ons bedoel...
|
 |