![]() |
|
Plekke van belang |
|||||||||||
|
Weskus - Lambertsbaai:
Wit sandstrande en 'n blou see bied vele geleenthede vir avonture en sport in en om die see (www.westcoastsafaris.co.za). Kranige voêlkykers behoort Voëleiland te besoek waar kolonies malgasse, kormorante en pikkewyne gesien kan word saam met Kaapse seeleeus. Verlorenvlei naby Elandsbaai moet ook nie gemis word nie. Meer informasie: EPos: lambertsinfo@mweb.co.za Sederberg wildernisarea:
As jy tyd op hande het, gaan proe wyn by die Sederberg wynkelder (www.cederbergwine.com). Die Sederberge bied ongeewenaarde wandelpaaie (www.capenature.co.za). Meer informasie: EPos: cederberg@lando.co.za Web: www.clanwilliam.info Citrusdal:
Besoek Goede Hoop, een van die grootste verpakkingsfasiliteite in die land (www.goedehoop.co.za). Vir buitedeursentoesiaste en vierwiel-motorfietsry, besoek die Citrusdal Quad Farm naby Citrusdal. Die warmwaterbronne (www.thebaths.co.za), het 'n gemiddelde temperatuur van 43°C. Daar is beide warm en kouewater swembaddens, spa baddens en 'n gelisensieërde restourant wat nie gemis moet word nie. Meer informasie: EPos: info@citrusdal.info Web: www.citrusdal.info Fauna and flora:
Die area bied ook 'n tuiste aan 'n unieke fauna, insluitende die bedreigde Kaapse luiperd, verskeie bokspesies en 'n hele aantal kleiner diere. Onder die vele voëlspesies word die indrukwekkende Vereaux se arend (witkruisarend) en breëkoparend op 'n gereelde basis waargeneem. Die Olifantsrivier is uniek met 8 endemiese varswater-visspesies wat slegs hier en nêrens anders op die planeet gevind word nie. Hieronder is die Clanwilliam-geelvis wat 'n gesogte hengelspesie is. Die rivier en damme soos Clanwilliam- en Bulshoekdam is baie populêr onder baarshengelaars. Meer informasie: EPos: cederberg@lando.co.za Web: www.clanwilliam.info
|
||||||||||||
| Telefoon: +27 022-921-3079 | EPos: info@kleinvleifarm.co.za | |||||||||||